Sonja Lochenberg

Afrikaanse kunstenaar en sangeres

Biografie

Sonja Lochenberg. 'n Borrelende pakkie dinamiet wat plat op die aarde geanker staan. Die boeremeisie het 'n unieke varsheid wat jou sal bekoor.

Sonja Lochenberg

Sonja op 'n plaas in die Noordwesprovinsie grootgeword. Jou tipiese kaalvoet-boeremeisie. Op dertien begin sy haar sangloopbaan en dit was 'n goeie afskop vir 'n belowende sangloopbaan.

In 2006 neem sy haar debuut album onder die bekwame hande van Blackie Swart op met die treffer, Twee plus Twee. Só begin die energieke sangeres met haar helder stem en bekoorlike glimlag, in plaaslike tydskrifte soos Huisgenoot en Vrouekeur te boer.

In 2008 neem sy haar tweede album, Droom van my, op. Die treffer Jy's nie my trane werd asook Jy's te flou vir my, bereik verskeie radiostasies se top 20.

Verskeie liedere is ook op kompilasie albums geplaas saam met ander groot name in die bedryf. Jy's te flou vir my, wat op Langarm sokkie dansklub treffers pryk, vaar besonder goed en meer as 21000 kopieë is reeds verkoop.

En nou is sy terug met 'n splinternuwe album. Die titel, Alles net vir jou, bied liedjies uit haar eie pen, alles geïnspireer deur die liefde - goed of sleg. Lief en leed...

Die album is Sonja se beskeie trots. Elke lied is oorspronlik en in Afrikaans - haar moedertaal - geskryf. Die taal waarvoor sy so lief is. Dit is dan ook geen verrasssing dat sy ook 'n lied getiteld Afrikaans die taal van my hart, spesiaal vir hierdie album geskryf het nie. Elke musikant wat aan haar album gewerk het, was ewe passievol en het bygedra deur hul eie interpretasie van die gekose lied só te laat inweef met haar werk dat dit die eindproduk na 'n fenominale samestelling van integrasie met die ander kunstenaar was.

Boertjie van die Klein Karoo, gaan groot aanklank vind, veral (tong-in-die-kies gesê nou) onder die Boer soek 'n vrou-deelnemers. Daar is ook reeds 'n musiekvideo van dié lied gemaak. Daarna maak sy die album se plaashek toe met 'n treffer-duet saam met die Liefling-faam sanger, Rudi Claase.

Sonja het al by talle kunstefeeste opgetree wat die KKNK, Aardklop en Gariep-fees en vele meer insluit. Sy tree gereeld op by Montana Family Market in Pretoria en East Rand Traders Flea Market in Boksburg.

Sonja is 'n onafhanklike kunstenaar wat al jare sterk staan in die musiekindustrie en sy is hier om te bly.
Sy hanteer haar eie optredes, besprekings.

Sy kan direk gekontak word op haar sosiale media platforms soos facebook, Instagram of per e-pos.

Die nuwe album

Sonja Lochenberg - Alles Net vir you

Alles Net vir you - Sonja Lochenberg Sonja Lochenberg - Alles net vir jou

Die album is Sonja se gebeitelde trots.

Dit het haar 11 jaar geneem om weer 'n album uit te reik en om dié vir haar aanhangers te kon maak.

Al die liedjies - reg uit haar hart - geskryf met elke greintjie musikale passie en drif, is oorspronlik, is Afrikaans, haar moedertaal waarvoor sy so lief is.

Elke musikant wat op haar album gewerk het was net soveel passievol en het hulle eie interpretasie gegee om dit tot die finale produk te kry.

Dit was spanwerk tussen almal en dit maak dit vir haar so spesiaal. Dit het nie gegaan oor net "ek" die kunstenaar nie.

Die album is so veelsydig en daar is 'n gevoel en klank vir elke lied wat hul uniek maak.

Afrikaans, Die taal van my hart.
Alles net vir jou.
Altyd Naby.
Boertjie van die Klein Karoo.
Ek smaak jou stukkend.
Hou vas aan jou hart.
Jy is die Ridder.
Jy's 'n deel van my.
Mamma.
Nooit.
Send a message to my heart.
Sneeuwitjie.
Wat het van jou hart geword.
Sojna met Rudi Claase
Sonja in klank Booth
Sonja in studio
Karl Muller in Studio

Vorige Vrystellings

Van Sonja Lochenberg

Twee Plus Twee - Sonja Lochenberg
Droom Van My - Sonja Lochenberg
Alles Net Vir You - Sonja Lochenberg

Kompilasie Albums

Met Sonja Lochenberg

Langarm-Sokkie Dansklub Treffers vol 8
Suidland
Raport Vonkel Vroue
Blackie Swart DVD

Media Bekendstellings

Met Sonja Lochenberg

Sonja-IMG_2998.jpg
Sonja-IMG_3001.jpg
Sonja-IMG_3002.jpg
Sonja-IMG_3003.jpg
Sonja-IMG_3004.jpg
Sonja-IMG_3010.jpg
Sonja-IMG_3011.jpg
Sonja-IMG_3012.jpg
Sonja-IMG_3022.jpg
Sonja-IMG_3026.jpg
Sonja-IMG_3027.jpg
Sonja-IMG_3028.jpg
Sonja-IMG_3029.jpg
Sonja-IMG_3030.jpg
Sonja-IMG_3031.jpg
Sonja-IMG_3192.jpg
Sonja-IMG_3193.jpg
Sonja-IMG_4747.jpg

Vertonings

Van Sonja Lochenberg

Musiek Video's

Van Sonja Lochenberg

Kontak My

Sosiale Profiele

Skakel My

079 856 5140

NA